“Al Wat Jy Gaan Kry”Wie is Hulle? Ons ontmoet vir Johan Oberholzer en Wilmaré Rautenbach - 2 musikante, oorspronkilk van Walvisbaai in Namibia wat hulle eerste album saam gaan skryf en opneem. Hulle nooi ‘n paar vriende en kuier lekker by Johan se huis oor ‘n paar glasies wyn en ‘n gebraaide boud. Die partytjie gaan voort onder in Johan se ateljee waar almal gevra word om hard te kuier oor ‘n mikrofoon, wat deel sal maak van hulle liedjie Al Wat Jy Gaan Kry.
Kyk na foto's van die episode.






