DEKATv: 29 Julie 2012



Pasgemaak vir die winter voor ‘n knetterende kaggel skop DEKATv af! Nooi elke Sondagaand vir Chris Chameleon in jou sitkamer en wees deel van DEKATv se reise, kuiers en avonture.

In die eerste episode ontmoet ons vir onthaal-guru Aleit Swanepoel wat wys hoe “junk” eintlik baie stylvol is, ons kuier agter die skerms van ‘n tipiese DEKAT tydskrif foto-sessie by ontwerper Suzaan Heyns, Ons gesels met die hoofsanger van Tribal Echo en proe wyn in die prgatige Hemel en Aarde vallei.