Bruilof



Bruilof is die splinternuwe leefstyl program wat Suid-Afrika se wêreldklas trouindustrie onder die vergrootglas plaas. In die eerste seisoen besoek aanbieders Louise de Nysschen en Jacinda Louw-Schutte asemrowende en gesogte venues in die hartjie van die wynland, aan die weskus en regoor ons pragtige land. In hul hemelhoë hakke loop hulle die trouwêreld plat en bestudeer die jongste dekor neigings, kry nuttige wenke by die industrie se top troubeplanners, paradeer in sprokiesagtige trourokke rond en help so bruidspare om hul volmaakte troudag tot in die fynste detail te beplan.

Dinsdae @ 21:30; Woensdae @ 16:30; Donderdae @ 16:00; Vrydae @ 02:30; Saterdae @ 04:30.