Melodi - GrimeerwenkGrimering vir wanneer jy min tyd het.
• Oogomlyner is die beste manier om jou oë te beklemtoon. ‘n Swart oogpotlood is die beste hiervoor. As jy sensitiewe oë het, maak seker dis ‘n gelpotlood wat ekstra sag is soos die HANNON BLACK GEL EYEPENCIL.
• Omlyn jou oë bo en onder en as jou oë groot is, kan jy die gelpotlood selfs aan die binnekant van jou oë gebruik vir ekstra wa-wa-woem.
• Swart maskara moet standaard in jou handsak wees, soos brood in ‘n spens.
• Die HANNON PLUMPING LIP GLOSS gee kleur en laat jou lippe effens uitplomp lyk. Dit doen ook wondere vir seer en droë lippe. Verskillende lipkleure sal jou elke dag anders laat lyk.
• Nou moet jy die hele prentjie bymekaar bring met die HANNON SUN KISS BLUSHER. Dit lyk altyd reg - somer of winter.
Melodi - Haarrstileerwenk
Hoe om ‘n opstaan haarstyl baas te raak.
Vir ‘n opstaan haarstyl het jy ‘n supersterk haargel nodig. Die HANNON SCULPTING HAIR GEL is so sterk dat jy net jou vingers nodig het terwyl jy jou hare droogblaas.
• Trek die hare weg van die kopvel af met jou vingers terwyl jy jou hare droogblaas op volle hitte. Hierdie gel wéét nie wat swaartekrag beteken nie.
• Noudat die hare droog is en die vorm van die styl min of meer in plek is, blaas meer volume en beweging in jou hare in met ‘n ronde borsel.
• Nou moet jy net die styl afrond om dit persoonlikheid te gee en te sorg dat dit heeldag regop staan.
Daarvoor gebruik jy die HANNON SPIKER GEL WAX - vryf eers die druppel gelwaks warm tussen jou hande. Trek dit nou eenvoudig deur jou styl soos jy dit visualiseer vir ‘n ware vars voorkoms.






