SleepTV: 23 Julie 2012



John-Henry en Rianette verken ATKV Hartenbos en buiten al die doen-dinge wat by die oord aangebied word, besoek hulle ook die Groot Trek Museum. Hulle vat die Digkuns Wandelpad strand toe en bedien WegSleep se Snoek met Biersous vir aandete. Daar word oor gas veiligheid gesing en hulle gesels met die oordbestuurder oor uitdagings en opwindende goed wat aangebied word, en vra hulle bure uit oor sleep voorbereiding en ‘buite-seisoen’ kamp voordele.

Kyk na foto's van die span by Hartenbos.