Annie Malan – beoordelaar



Annie Malan is 'n bekende sakevrou, aktrise en filantroop. Haar leuse is: 'As jy nie besig is om 'n verskil te maak nie, probeer harder!'

Haar TV-rolle sluit die volgende in:

- Klein Nina
- Little Nina in Dalene Matthee se Fiela se Kind Regie deur Katinka Heyns
- Titelrol van Saartjie – Die gewilde kinderreeks wat TROMPIE se opvolg was deur Topsy Smith. Regie – Danie Odendaal
- Honeyball se Toere – Samantha
- That Englishwoman – Internasionale Grootdoek Film
- Supersnuiters – Twee reeks van n uiterse gewilde Afrikaanse kinderreks
- Pot Vol Winter – Rol van Talitha
- Glaskasteel – Eerste Sepie vir for TV1
- African Skies – Kanadese Reeks
- Africa PI
- Woordwoeker – Aanbieder van n Speletjies Program vir Kyknet
- Dit wat Stom is – Drama vir kykNET deur Frans Marx
- Adrenalien – Gas-Aanbieder saam met Reghard Roets
- Gas op verskeie geselsprogramme met Rian, Gareth Cliff, Kwêla, Glitterati


Besigheidsmylpale

-Annie is meerderjarig verklaar deur die Hooggeregshof van Suid Afrika voor ouderdom 21 weens al haar sakebelange en personeel wat sy reeds aangestel het.
-Op ouderdom 19 was sy 'n Direkteur van die makelary waarby sy aangesluit het – 'n Nasionale besigheidsleier in Suid -Afrika
-Sy ontvang die Wolraad Woltemade toekenning van Old Mutual vir meeste verkope nasionaal op ouderdom 19
-Sy ontvang verskeie toekennings as Top Tien Nasionale Makelaars vir Nuwe Besigheid op ouderdom 20
-Sy brei haar sakebelange en loopbaan uit in die gesondheidsorg-industrie as direkteur van verskeie gesondheidsorg-entiteite gedurende die IT evolusie.
-Sy was die verkoopsdirekteur van “The Media” en het gehelp om die nuwe publikasie te vestig as een van die toonaangewende platforms in die media industrie
-Sy was die hoof van “Consumer Promotions” vir Primedia
-In 2003 stig sy Annie Malan Promosies waarvan sy steeds self die CEO is en verskaf werk aan ongeveer 3500 deeltydse mense met 14 kantore landswyd
-Die maatskappy dien as 'n direkte bemarkingsarm vir meeste bankgroepe, selfoonnetwerke, fmcg industriee en die motorindustrie.
-Annie bied ook in haar persoonlike kapasiteit verkoopsopleiding aan wat meeste banke en selfoonnetwerke van gebruik maak. Sy werk met beginnersvlak personeel in banke en selfoonnetwerke en korporatiewe suid-afrika en help tot op Direksievlak en CEO’s. Enigiets van 'n basiese telefoonoproep tot 'n belangriike TV onderhoud op 'n sake-kanaal is situasies waarmee haar kliente skitter as sy met hulle gewerk het.
-Sy verteenwoordig Suid-Afrika op 'n besigheidsbesoek saam met President Jacob Zuma na Londen.