Jan Braai vir Erfenis: Mosambiek
Na ‘n uitputtende reis van die Kaap af steek ons die grens oor by Komatiepoort om ons buurland, Mosambiek te besoek. Jan Braai verken die kleurvolle mark van Maputo en neem ‘n boot na die eksotiese Ihaca eiland – die avontuurlustige reisiger se droom. Ons duik, swem, ry op ‘n dhow, besoek die klein dorpie op die eiland en wys jou hoe om jou eie Peri-peri sous te maak. So kom braai garnale en tuur saam oor die blou waters van Maputo baai.














