Parys, Parys is ‘n splinternuwe komedie-reeks vervaardig deur Stark Films.In ons liewe land is daar nie net politiek, doodslag en bedrog nie (hoewel meeste koerante sal wil verskil), maar ook talle ligpunte. Een so ‘n ligpunt is die nuwe, aweregse Afrikaanse gesinskomedie Parys Parys.
In hierdie 13-episode reeks, geskets teen die agtergrond van die prentjiemooi Vrystaatse juweel, Parys, deel ‘n gewone Afrikaanse gesin hul daaglikse beproewinge en uitdagings met die kyker met net soveel woema as waarmee hul voorouers oor die Drakensberg gedrafstap het.
Die Kleynhanse bestaan uit pa Jan, ma Elsa, seun JJ (Joachim Johannes) en dogter Francoise (Fransie). Elsa se nikswerd broer Kleinkoos en oom Tjoppie, die alomteenwoordige buurman, kuier so dikwels daar dat hulle as ‘t ware al deel van die gesin is.
Besoek die webblad.






