Huisgenoot is op soek na ‘n nuwe spanlid



Saktyd is ‘n splinternuwe werklikheidsreeks, waarin Suid-Afrika se grootste gesinstydskrif, Huisgenoot, in samewerking met kykNET, soek na ‘n persoon wat wil uitstyg in die harde wêreld van die media. Begin 17 Julie om 19:30.

Izelle Venter (hoofredakteur), Wicus Pretorius (adjunkredakteur) en Haidee Muller (verslaggewer) van Huisgenoot het landwyd gereis om die beste finaliste vir die program te kies en nou het die tyd aangebreek om te sien of die ink in hul are bruis.

Die dertien finaliste wat dit sal uitspook in allerlei relevante uitdagings om hierdie gesogte pos los te slaan is tussen 18 en 41 jaar oud, lief vir woorde, kreatief, kan op hul voete dink, is nuuskierig, en honger vir ‘n loopbaan in die media. Die groep bestaan uit entrepreneurs, kopieskrywers, sakelui en selfs ’n kinderoppasser!

Besoek die Saktyd webblad.