Nerina – Grimering HANNON - Grimeerwenk
Grimeertegniek om sproete mee te verbloem.
As jy sproete het moet jy ook ekstra aandag gee aan jou onderlaag om sodoende volle bedekking te kry, maar terselfde tyd te voorkom dat dit te dik en aangeplak lyk. Hiervoor het jy twee soorte onderlae nodig wat as ‘n eenheid saamwerk.
• Die HANNON FULL COVER LIQUID FOUNDATION is heeltemal olievry. Jy kan dit sommer met jou vingerpunte aanwend.
• Nou volg ‘n laag HANNON TWO IN ONE POWDER FOUNDATION in dieselfde nommer bo-oor vir verdere bedekking en ‘n vel wat lyk soos porselein.
Om te voorkom dat jou onderlaag jou laat lyk soos: ‘o gaats, hier kom ‘n gesig aan!’ is ‘n blosser nie opsioneel nie… dis lewensbelangrik!
Jy kan ‘n blosserkleur wat ‘n sonbruinvoorkoms naboots, soos die HANNON SUN KISS BLUSHER, op jou wange aanwend.
• Jy kan ‘n blosser ook aanwend as ‘n oogskadu vir ‘n natuurlike voorkoms.
• Swart maskara is die enigste maskara wat rooikoppe moet dra om hulle oë te beklemtoon. Die HANNON SUPER LASH MASCARA is perfek.
Nerina - Hare
HANNON Haar Stileerwenk
Hoe om meer volume te kry as jy lang hare het
Die eerste twee sentimeter haargroei is as’t ware die steunpilaar wat help om die hare van die kopvel te laat wegstaan. En om hierdie steunpilaar te versterk kan jy die kragtige volume-stileerproduk, die HANNON LIQUID CRYSTAL STYLING GEL gebruik.
• Vat ‘n teelepel-grootte van die HANNON LIQUID CRYSTAL STYLING GEL en masseer dit met behulp van jou vingers in die kopvel in.
• Nou maak jy die hare naby die kopvel net met jou vingers en ‘n haardroër droog deur jou hare so effens van die kopvel weg te lig, om sodoende hoogte te skep.
• Met die haarwortels wat nou droog is en wegstaan van die kopvel is die volgende stap om die klam haarpunte met ‘n ronde borsel rond en glad te blaas.
• Om jou hare heeldag perfek en vol volume te hou, rond jou styl af met die HANNON STYLE LOCK SUPER HOLD HAIRSPRAY.






