Ingrid se wenke: 13 Julie 2012



Ingrid - Grimering

Hannon gebruik 'n sagte vleiende pers oogpotlood grimeertegniek.

HANNON Grimeerwenk

Vir kleur op jou oë is niks so maklik en effektief soos ‘n supersagte eiervrugkleurige gel-oogpotlood nie. Dis minder dramaties as swart, en baie meer interessant as bruin.

• Vir die grimeer voorkoms kan jy die HANNON PURPLE GEL EYEPENCIL gebruik - trek ‘n dun lyn van hoek na hoek op jou boonste ooglid.
• Gebuik jou vingers of die agterkant van die potlood en vryf so bietjie oor die lyntjie om dit te versag.
• Dit lyk baie mooi en is baie maklik om aan te wend.
• Jy kan jou oë ook onder en aan die binnekant omlyn as jy wil, vir ekstra impak.
• Nou vir die maskara. Die HANNON SUPER LASH MASCARA is die towerstaffie wat selfs die moegste oë weer ‘n nuwe sprankel gee.

Ingrid - Hare

HANNON Haarstileringwenk

Haarstilering vir vrouens met min tyd om aan hul hare te spandeer.

As jy nie soggens veel tyd het om aan jou hare te spandeer nie, wys Hannon jou hoe maklik en vinnig dit is om jou hare droog te kry met behulp van die HANNON SCULPTING HAIR GEL.

• Eerstens masseer jy ‘n teelepel-grootte van die HANNON SCULPTING HAIR GEL deur jou hare.
• Daarna kam jy jou hare min of meer in plek, soos jy dit visualiseer.
• Nou gebruik jy net jou vingers en ‘n haardroër, om jou hare droog te blaas.
• Jy behoort enige kort haarstyl wat volgens die hare se natuurlike groeipatroon gesny is, op hierdie manier te kan baasraak.
• Jou hare lyk nou stylvol en dit alles binne 10 minute!