PaternosterJan Braai vertrek op ‘n ontdekkingstog na die Weskus. In Paternoster eet hy bokkoms , oesters en leer ‘n ding of twee van harders trek by die vissermanne. As jy nog nooit kreef gebraai het by Tietiesbaai nie, kan jy nie hierdie episode saam met die Weskusmanne misloop nie. In die Cape Columbine Natuurreservaat besoek ons die laaste bemande vuurtoring in Suid Afrika. Kom ervaar die harde, ongerepte skoonheid van die Weskus.
Kyk na foto's van die episode.






