Die gewilde program, Sakegesprek met Theo Vorster, is terug vir ‘n derde reeks vanaf Sondag 15 Julie om 19:30. In die program gesels Theo met suksesvolle sakemense oor hul loopbane, die hoogte punte, lesse geleer en waaraan hulle die sukses kan toeskryf.In hierdie reeks gaan ons kykers ook die geleentheid gee om spesifieke vrae aan die sakeleiers te stel en met die sakeleier direk te gesels.
Oudergewoonte gaan Theo weereens met Riana de Lange, nuusredakteur van Sake24 oor die week se belangrikste sakenuus gesels en ontleed wat die moontlike implikasies hiervan op die ekonomie en finansiële markte kan wees.
Ons gaan ook ‘n kompetisie byvoeg waarin kykers ‘n prys ter waarde van R25,000 se ABSA beleggingsfondse kan wen. Details van die vraag en hoe kykers te werk moet gaan, sal in die program gegee word.






