Ons is op soek na Suid-Afrika se volgende superster in die splinternuwe reeks, Ons soek die Sanger.Twintig finaliste – manne van 20 tot 40 jaar oud – sal dertien weke lank om die gesogte titel meeding. Die reeks begin op 10 Julie 2012 om 17:00.
Die reeks word in Somersetwes in die Kaap geskiet.
Die twintig vooraf gekeurde manne kan almal sing, maar wie het daai geheimsinnige X-faktor wat die beoordelaars na soek? Wie het die persoonlikheid wat die skares op hul voete kan kry? En wie het die passie en deursettingsvermoeë wat welslae in die musiekbedryf kan verseker?
Die totale pryspakketwaarde beloop nagenoeg een miljoen rand, wat ‘n platekontrak met Select-Musiek insluit! Die aanbieder is Lizz Meiring en die beoordelaars is Annie Malan, Brandon October, Niel Schoombee en Heidi Edeling. Die reeks word deur Slick Entertainment-produksies, wat ook vir Opskop verantwoordelik is, vervaardig.
Ons twintig finaliste is Bordeaux Augustyn, Wynand Barnard, Magnus Beukes, Rohan Booysen, Munro du Toit, Bernhard Faasen, Pierre Farmer, Frank Panaou Horton, JP Moggee, Bongi Mthombeni, Jean Ongansie, Pierre Rossouw, Jacobus Silwer Coetzee, Dihan Slabbert, Peet Slabbert, Julius van der Walt, Manie van Niekerk, Ruan Wepener en Jean-Pierre/JP Zeelie.
Kom deel in die opwinding en beleef ‘n mallemeulerit na musiekroem!
Besoek die webblad.






