Suzette - GrimeringGrimerig wanneer jy ‘n bril dra.
HANNON Grimeerwenk
Omdat jou ooglede nie die olie van ‘n vogroom of onderlaag kan absorbeer nie, bly die onderlaag loperig en kan jou oogskadu nie behoorlik klou nie. So, vee eers enige oortollige onderlaag af met jou vingers.
Wend dan die HANNON TWO IN ONE POWDER FOUNDATION onderlaag oor jou ooglede. Dit sal enige oorblywende klammmigheid verwyder voor jy jou oogskadu aanwend.
-Vir oogskadu gebruik ons die HANNON DAY TO NIGHT EYESHADOW, wat uit vier kleure bestaan.
-Die twee ligter kleure is die verligters en die twee donker kleure, die aksente.
-Wend eers die ligte kleur oor die hele ooglid van onder, tot bo by die wenkbroue aan.
-Wend dan die donker kleur net in die waai van die oog.
-Wend daarna ‘n dun lyn met die donker kleur onder die oog om jou oë meer, van agter die bril, te laat uitstaan.
-Suzette se nuwe bril het ‘n definitiewe raam, daarom is oogomlyner nie nodig nie - die oogskadu is genoeg.
-Brildraers weet teen die tyd dat hulle altyd ‘n water-en-smeerbestande mascara moet gebruik, maar as jy ooit gewonder het oor die kleur, dit moet altyd swart wees.
Suzette - Hare
Om sagte krulhare, wat frizz en platval, baas te raak.
HANNON Haarstileringwenk
Haarversorging begin altyd by die korrekte sjampoe en opknapper wat by jou spesifieke haartipe pas. Suzette het fyn krulhare wat volume nodig het. Daarom sjampoe eers jou hare met die HANNON CONTROL ANTI-FRIZZ SHAMPOO. Daarna knap jy dit op met die HANNON CONTROL ANTI-FRIZZ CONDITIONER. Die frizz is nou onder beheer maar jy sal steeds baie volume hê.
In die korporatiewe wêreld moet mens se hare gesofistikeerd lyk. Dit beteken ongelukkig glad en reguit. Maar om jou fyn krulhare glad en reguit te kry is nie moeilik nie en hoef nie noodwendig lank te vat nie.
-Eers kam jy ‘n druppel krulversagter, die HANNON ANTI FRIZZ BLOW STRAIGHT LOTION deur jou hare. Dit sal die gladblaasproses vergemaklik en sorg dat die hare nie begin frizz as jy in die dag woes moet rondhardloop nie.
-Nou’s dit so maklik, dat jy jou hare met jou vingers kan reguit blaas.
-Maar vir die finale afronding, en om veral die punte in te krul, gebruik jy ‘n ronde borsel.






