Jan Braai vir Erfenis: Ierland



Ons kyk hoe die Iere hul bekende nasionale erfenis dag vier. Vir St. Patrick’s Dag besoek ons die hoofstad van Ierland, Dublin, en sien hoe die hele land gereedmaak om hul gemene herkoms te vier. Die strate is vol, die parade in oproer en Dublin word groen geverf. Ons braai ook saam met ‘n paar bekende gesigte in Belfast en sien hoe Suid Afrikaanse expats huis toe verlang in hul Ierse tuiste.