Roepman, is ‘n Afrikaanse drama gegrond op Jan van Tonder se gelyknamige boek. Dit is die storie van 'n spoorweggemeenskap van die 1960's, soos vertel deur die oë van Timus, 'n elf-jarige seun. Die lewe van die mense in ’n spoorweggemeenskap volg ’n sekere roetine en dit word nie maklik versteur nie. Die roepman, wat die spoorwegwerkers elke oggend roep om werk toe te gaan, sorg dat alles bly soos dit is. Of so glo klein Timus. Maar niks kan altyd dieselfde bly nie, en kinderonskuld is iets wat nie lank hou nie. Timus kom dit gou agter en leer die weë van die grootmenswêreld ken deur sy verhoudings met sy gesinslede en sogenaamde vriende. 2011 Met Paul Loots, Andrew Thompson, Rika Sennett, Deon Lotz, John-Henry Opperman, Altus Theart en Lida Botha. Regie: Paul Eilers.Kyk wat is die ander flieks wat in Julie wys.






