Die vinnigste hondesport ooit!



Die Staffordshire bull terrier is een van die gewildste rasse in ons land.  Hierdie hond lyk nou wel pure Afrika, maar kom oorspronklik uit Engeland uit.  Die Staffie is ‘n lewendige, atletiese hond wat ‘n baie sterk band met sy gesin vorm, en kruip gewoonlik net so diep in hulle harte ook!

Flyball is sekerlik die vinnigste hondesport wat daar is.  Hierdie is ‘n relatief nuwe sport wat nog nie wyd bekend is of beoefen word nie, maar dis die ideale ding vir ‘n hond met HOPE energie en ‘n eienaar wat bereid is om die tyd en moeite in te sit.  Dit lyk na groot “sports” en die flyball mense is ‘n aangename klomp.

Die Russiese kat is ‘n rustige korthaar medium grootte kat wat in meeste huishoudings sal inpas.  Hierdie is ‘n tipies binneshuis kat, wat in ‘n redelike klein area aangehou kan word.  Met die silwerblou pels en groen oe, het hierdie ras ook een van die mees “striking” kleurkombinasies.  Amper al die Russiese katte is silwerblou, maar daar is ook wit en swart beskikbaar.

Die Siberiese Husky is een van die honderasse wat mens mooi oor moet dink voor jy hom in jou huishouding inbring.  Meeste mense raak verlief op die pragtige uiterlike, en maak nie voorsiening vir die feit dat hierdie honde gemaak is om te werk en MYLE per dag af te lê nie!  Maar feit bly staan : as hierdie ras eers in jou wese is, kry jy hom nie weer daar uit nie.  Ons het 5uur op ‘n yskoue wintersoggend saam met die Husky entoesiaste gaan slee ry in die hoëveld bossies.  Was amper dood van die koue, maar die video wat ons daar afgeneem het, is werklik iets besonders.

Dan – laastens – gee ons jou so kykie agter die skerms.  Ons is nou halfpad deur die reeks, en daar het nou al heerlike snaakse dinge met ons gebeur.  Veral die diere op stel laat ons partymaal hande in die hare net lag.  Geniet hierdie oomblikke saam met ons.

Kyk na foto's van die episode.