Binneland: 28 Junie 2012



Franz kies ‘n behandelingsroete vir die bewing in sy hand wat Bea baie bekommer. Barry en Elise besluit op die reëls vir die kookkompetisie en Gustav en Pippa sien swarigheid. Sonja vind uit van die aanbevelingsbrief wat At vir Vicky geskryf het en is nie gelukkig nie. Pippa sien die kookkompetisie as ‘n kans om weer vir Peet en Elise nader aan mekaar te bring.