Kom sleep saam!



Sleep is 'n nuwe reeks oor alles wat te doen het met die woonwa leefstyl en avontuur. Die aanbieders, John-Henry Opperman en Rianette Leibowitz neem die kykers op ‘n opwindende reis na van die top woonwa- en kampeerbestemmings in die land. Díe nuwe reeks wys vanaf 2 Julie 2012 om 17:30.

John-Henry is ‘n sanger, liedjieskrywer en akteur en Rianette, Mev Styl Suid-Afrika “Congeniality” 2010, ‘n entrepreneur en aanbieder.

Die span besoek die sewe ATKV vakansie-oorde regoor Suid-Afrika. Tydens elke episode ondersoek hulle die weeklikse bestemming met ‘n humorisitiese, maar ingeligte oog. Hulle vra relevante vrae namens die kampeerders, hetsy ou hande, groentjies of leunstoelkampeerders. Elke reis word met ‘n n ander woonwa van Jurgens Ci aangepak en die verskeie sleepmotors is gevul deur Total.

John-Henry en Rianette gaan nie net die kykers vermaak nie, maar hulle ook inlig. Hulle kyk na sleepwenke, kampkosresepte, en kampbybehore van Campworld en Rockey SA, die omgewing, die mense en die stories wat daar in die oorde skuil.

“Ons doelwit is om ‘n dinamiese, innemende, hoë kwaliteit medium aan te bied wat die eg Suid-Afrikaanse woonwa en kampleefstyl ondervinding verbeter vir die huidige kampeerder, en meer aanloklik maak vir dié wat dit nog altyd wou doen,” sê Kobus Prinsloo, skrywer en assistent-vervaardiger van Grondpad Produksies.

“Ons doen moeite om ons land en die industrie op ‘n indrukwekkende wyse aan die kykers voor te sit. Ek dink die kykers gaan ‘n vermaaklike verrassing kry,“ voeg Kobus Swart by, kinomatograaf en vervaardiger van Grondpad Produksies.

Die teikengehoor het deur die gewildheid van woonwa en buitelewe tydskrifte, soos WegSleep (die mediavennoot) bewys dat inligting, raad en vermaak in een pakket hoog op prys gestel word. Kykers kan uitsien na doendinge, toetse, uitdagings, kennerswenke en insigte uit die bedryf met heelwat onderhoude en ondersoekende joernalistiek.

Besoek die webwerf.