Sakegesprek met Theo Vorster



Die gewilde program, Sakegesprek met Theo Vorster, is terug vir ‘n vierde reeks.

In hierdie program gesels Theo met suksesvolle sakemense oor hul loopbane, die hoogtepunte, lesse geleer en waaraan hul sukses kan toeskryf. Tydens hierdie reeks gaan Theo die kykers ook die geleentheid gee om vrae wat hulle graag aan die sakeleiers wil vra, aan hom te stuur.

Vir insette en voorstelle oor onderwerpe of sakeleiers vir die program, kontak gerus vir Theo by theo@sakegesprek.co.za.

Vir meer inligting oor die program en ander vrae kontak gerus vir Gerda by seminare@sakegesprek.co.za.

Woensdae @ 21:30; Donderdae @ 16:00; Vrydae @ 13:00.