Die Franse bulhond is sekerlik een van die oulikste gesiggies in die hondewêreld. EN... hulle is amptelik die honde wat die hardste kan snork! Oulike klein hondjies, maar met sterk persoonlikhede. Hierdie is nie net ‘n skootsitter nie – dis lewendige hondjies wat goeie sosialisering nodig het, veral met ander honde.Ons het nou al ‘n hele paar keer gehoor van telers wat genetiese toetse op hulle diere laat doen om te verseker dat die volgende generasie gesond sal wees. Ons het gaan inloer by die laboratoriums wat hierdie toetse doen.
Die kat-ras wat ons hierdie week leer ken is die immer gewilde Siamese kat. Hierdie is seker een van die mees herkenbare katte en ons wou weet hoe vandag se moderne Siamees daar uitsien.
En dan ontmoet ons weer ‘n FORA eks weeskind : Bismarck (vernoem na die du Plessis rugby held!) en al sy hond- en kat boeties en sussies. ‘n Oulike storie van ‘n diere spannetjie wat in vrede en liefde almal saam leef.
Ons leer ook die Chow Chow honde beter ken. Hy is eintlik bekend as ‘n bondel hare met ‘n blou tong, maar die Chow Chow is heelwat meer as dit. Hierdie hond is rustig en hou homself eenkant met vreemdelinge, maar sal sy huis en sy mense met oorgawe beskerm en koester. ‘n Oulike hond vir iemand wat hom verstaan.
Kyk na foto's van die episode.






