Boerekos: 24 Junie 2012



Dine vat die lang pad na die Groot Karoo waar sy in Richmond se wêreld 'n paar vleisgeregte gaan gaarmaak. Dit het haar grootste verwagtinge oortref, want behalwe vir die stop van 'n springbokboud en die braai van 'n lamsribbetjie, maak sy kennis met 'n pastei wat van springbokrugstring en niertjies gemaak word. Verder eet sy Jan Ellispoeding saam met Mannetjies Roux en sy vrou Charlotte.