St Paulus School - Meditasietuin Die kruistog van Jesus lê Christene, maar veral Katolieke, baie na aan die hart!
Die katolieke skool, St Paulus, in Pretoria word vanjaar 50 jaar oud en toevallig het hulle dit ook in hierdie jaar goed gedink om n baie spesiale kruistog tuin op die skoolgrond te begin. Ons het gaan loer na hierdie baie spesiale tuin.
Botaniese kunstenaar Daleen Roodt
Ons het so 'n rukkie terug die fantastiese werk van die botaniese kunstenaar Daleen Roodt met jou gedeel. In die episode wys sy 'n tikkie inspirasie af wat sy in Cambodia gevind het.
Alice in Waterkloof, asok Jan die toffieman
Dis tyd vir n koffiekuiertjie en vandag stop ons in by Alice in Waterkloof, 'n koffiewinkel en kwekery, sommer so in een! Oom Jan, die toffieman het sy eie toffies so 'n rukkie terug beginne maak en dis 'n weghol sukses. Ons het tydens ons kuiertjie by Alice in Waterkloof op hierdie heerlike toffies van hom afgekom!
Agtien verskilende temas
'n Gastehuis met die tema, "Around the world in 18 room" sal enige iemand nuuskierig maak. So, toe ons van die plek te hore kom, het ons dadelik gaan inloer!






