Astrid treiter Fran met ’n prokureursbrief, Stef kom tot haar redding maar beland dan self in een van Astrid se strikke. Charl en Isabel is vreeslik opgewonde oor die Kenia-reis, tot Lindie se planne alles omvergooi. Babs bring sprankel en warmte na die Villa, maar trap ook op ’n paar tone deur die verkeerde ding voor die verkeerde mense te sê. Lerato verras almal met iets baie ouliks…