Rus in vrede, Christa Steyn



Die bekroonde pianis Christa Steyn het Maandagaand (11 Junie) haar stryd teen kanker verloor. Sy is omstreeks 20:00 in haar huis in Pretoria oorlede. Christa is in Junie 2011 met kanker gediagnoseer. Sy sou op 15 Junie haar 54ste verjaarsdag gevier het. Haar twee kinders, Douw Steyn en Madeleen Grobler, was aan haar sy tydens haar afsterwe.

Ons saai op Sondag 17 Junie om 14:30 weer 'Christa se konsert' uit. Dit was 'n beeldsending van die konsert wat gehou is om geld in te samel vir Christa se behandeling. Jak de Priester, Sorina, Liza Beekman, Anna Davel, David Fourie asook Jannie du Toit het die verhoog gedeel.