Getroud met Rugby



In die nuwe seisoen van Getroud Met Rugby deel ons weer in die lief en leed van die bekende karakters, maar ons ontmoet ook ʼn hele paar nuwe karakters, wat deel word van die Stryders-wêreld.

Die Stryders moet hard werk om hul beeld te herstel en weer bo aan die punteleer te kom. Die hulp van top bemarkingspan word ingeroep, om hul beeld te poets en die Stryders se naam in ere te herstel. Deur die loop van die reeks kry hulle ʼn nuwe voorkoms, die pom-pom meisies word weer hul gelukbringers en die pad na sukses blyk met rose besaai te wees. Soos vantevore, is Getroud met Rugby weer propvol liefde, intriges, verraaiers, persoonlike vendettas en baie drama. Dié keer is ons karakters egter ouer, wyser en slimmer...

Hierdie vierde reeks van Getroud met Rugby is meer sexy, glansryk en slim as ooit tevore.

Dinsdae @ 20:00; Woensdae @ 15:00; Donderdae @ 01:00 en 09:30; Sondae @ 0:30 en 22:30.