Boerekos: 17 Junie 2012



Wanneer 'n mens die geleentheid kry om galjoen te braai, gooi jy niks ander as sout op nie. Anders bederf jy sy besonderse smaak. So vertel Dine in hierdie week se Boerekos wanneer sy 'n draai in die Weskus maak. Op 'n plaas naby Lambertsbaai haal sy aartappels uit die sandveldse grond wat in die warm kole gedruk word, maak soetstowe-anyspatats en proe aan tapioka-poeding wat in 'n koolstoof gebak is. Dan is daar nog 'n seekospot, snoeksop én 'n gerookte snoek.