‘n Lugballon is die oudste vorm van lugvervoer en mensdraende lug tegnologie. Die eerste suksesvolle lugballonvaart het op die 21ste November 1783 in Parys, Frankryk, plaasgevind.‘n Warm lugballon bestaan hoofsaaklik uit 3 dele. Die groot kenmerklike ballon, 'n mandjie gedeelte wat die passasiers dra en 'n warmlugverskaffer wat in meeste gevalle 'n baie warm oop vlam is. Die warm lug wat deur die vlam in die ballon ingeblaas word, stel die ballon instaat om op te styg, aangesien die verhitte lug binne-in die ballon 'n laer digtheid het as die relatiewe koue lug buite die ballon.






