SleepTV



Sleep is 'n nuwe reeks oor alles wat te doen het met die woonwa leefstyl en avontuur. Die aanbieders, John-Henry Opperman en Rianette Leibowitz neem die kykers op ‘n opwindende reis na van die top woonwa- en kampeerbestemmings in die land.

Die span besoek die sewe ATKV vakansie-oorde regoor Suid-Afrika. Tydens elke episode ondersoek hulle die weeklikse bestemming met ‘n humorisitiese, maar ingeligte oog. Hulle vra relevante vrae namens die kampeerders, hetsy ou hande, groentjies of leunstoelkampeerders. Elke reis word met ‘n n ander woonwa van Jurgens Ci aangepak en die verskeie sleepmotors is gevul deur Total.

Reeks is verby.