Ons soek die Sanger



Ons is op soek na Suid-Afrika se volgende superster!

Die totale pryspakketwaarde beloop nagenoeg een mijoen rand, wat ‘n platekontrak met Select-Musiek insluit! Twintig finaliste – manne van 20 tot 40 jaar oud – sal dertien weke lank om die gesogte titel meeding. Die reeks word in Somersetwes in die Kaap geskiet.

Die aanbieder is Lizz Meiring en die beoordelaars is Annie Malan, Brandon October, Niel Schoombee en Heidi Edeling. Die reeks word deur Slick Entertainment-produksies, wat ook vir Opskop verantwoordelik is, vervaardig.

Kom, deel in die opwinding en beleef ‘n mallemeulerit na musiekroem!

Dinsdae @ 17:00; Woensdae @ 13:00; Donderdae @ 21:00; Vrydae @ 22:00; Saterdae @ 21:30.