Tuine en Tossels: 30 Mei 2012



Arbor Pre-primêre skool se nuwe speelhuisie
Ons kuier vandag in 'n pophuis...LETTERLIK binne-in 'n pophuis.  ‘n Kleuterskool in Fairlands, Johannesburg, het besluit om die kindertjies in die skool te bederf met 'n splinternuwe pophuis...Maar dis nie sommer enige pophuis nie... Hierdie huisie is selfs mooi en goed genoeg vir enige grootmens om in te bly. Kom speel gerus saam!

Cinnamon Lifestyle
Ons volgende kuierplek is 'n dekorwinkel met mooi geskenk idees om van te kies en te keur!  En net soos sy naam aandui, het ons hier op 'n "soete kaneel" van inspirasie afgekom... Kom kuier saam by Cinnamon Lifestyle.

Bergbron waterwyse tuin
'n Vetplanttuin hoef nie beperk te wees tot NET vetplante nie. Mnr en Mev De Villiers, wat woon in Bergbron, Johannesburg, het dit reggekry om hulle pragtige tuin met 'n kombinasie van plante in te kleur! Kom ons gaan kyk!

Wenk: Kleur vir die winter
Wanneer jy die dag moedeloos is met jou tuin, gaan stap gerus in jou naaste kwekery rond. Daar is altyd idees en inspirasie te vinde!  Hier is een van daardie oulike en slim idees wat ons raak geloop het.

Tuin by Weltervreden NG Kerk
Ons kuier vandag in n kerktuin waar 3 van die gemeentelede besluit het om hulle passie en liefde vir tuinmaak aan te wend en die kerk se reuse tuin mooi te maak.  Hulle fokus was om 'n tuin te skep wat so min as moontlik water gebruik.  Ons vind uit hoe hulle dit reggekry het.

Kyk na foto's van die episode.