Kuier, Klets en klits in Namibië: 24 Mei 2012



As jy oor die doodsbeendere langs die Skedelkus kuslyn kyk, sien jy verlatenheid.  Jy sien ook hoe die see die skeepswrakke jaar na jaar wegvat waar die mens gemors het. En die olieboor is byna opgeroes, net die geraamte van sy drome het oorgebly.  Maar hierdie dorre landskap het sy eie bekoring. Elke jaar word Torrabaai, in die Skedelkuspark, vir vakansiegangers oopgestel van die begin Desember tot einde Januarie. Hierdie week vat ons die papwielpad na Torrabaai om te sien waarom mense, meestal vissermanne, jaar na jaar ysige winde trotseer om hier te kamp, tou-staan om te stort en per die liter vir water te betaal – Daar is nie water op Torrabaai nie! Dan reis ons verder na die Uniab Delta, ‘n ware oase in die dorre stuk aarde van die Skedelkuspark met talle watervoëls, Gemsbokke, Springbokke en ‘n waterval – nou nie die Victoria waterval nie, maar ‘n wonderwerk in eie reg. Neels, ons kok, kook hierdie week vir ons heerlike mosselsop.