Boerekos: 13 Mei 2012



Wanneer die eerste soetmos tydens parstyd in die Boland beskikbaar is, is dit tyd vir mosbolletjies bak - Dine van Zyl gaan kuier op Rawsonville naby Worcester by ’n tannie wat wéét hoe.  Verder maak Dine ’n paar onthullings oor bobotie, een van boerekos se bekendste geregte; en dan is daar sowaar ook nog tyd vir beesstert, hoenderpastei met skilferkors en fluweelpoeding.