Gerrie le Roux



Te sien in die episode van 17 Mei.

Gerrie le Roux (25) het kleintyd in Moorreesburg gewoon en spog dus met ‘n Swartland-bry.  Hy het in Clanwilliam grootgeword en woon nou in Stellenbosch waar hy besig is met nagraadse studie in onderwys.  Hy beskou homself as ‘n “late bloomer”  en sê dat hy nog nooit vantevore vir ‘n meisie kos gemaak nie.