
Die eNuus-span bestaan uit ‘n groep dinamiese nuus-verslaafdes.
Sommige redaksielede het jare se ervaring in die televisiebedryf terwyl ander hulle joernalistieke tande in die gedrukte media of op radio geslyp het.
‘n Span jong verslaggewers sorg vir ‘n behoorlike balans tussen moderne en gesaghebbende nuusdekking.
eNuus trek ook voordeel uit die gebruik van eNews se hulpbronne wat ons in staat stel om nuusgebeure – in Afrikaans – aan ons kykers te bring.
Sodoende ding eNuus trots mee met ander meer gevestigde nuusbulletins.
eNuus streef daarna om jou elke aand die beste dekking van plaaslike en internasionale nuus, sport en die weer te bied.
Die inhoud van die bulletin word elke dag met vurige passie debatteer, met nuusredakteur Andries Cornelissen wat uiteindelik die finale besluit daaroor neem.
Die beste nuusdekking op televisie in Afrikaans word elke aand regstreeks om 19:00 op kykNET (DSTV-kanaal 111) uitgesaai.
Volg eNuus ook op Twitter onder die naam @enuus, stuur ‘n epos na enuus@etv.co.za of bel 011 759 6454.






