Daniëlla du Plooy



DANIëLLA DU PLOOY

Verslaggewer

Ek is ’n nuuskierige agie. Soveel só dat ek op skool geroskam is omdat ek soms heeltemal té veel gepraat en vrae gevra het. Dit was dus ‘n baie aangename verwikkeling toe ek so net anderkant die ouderdom van 14 besef het daar’s ‘n beroep waar mense jou sal betáál om nuuskierig te wees. Joernalistiek was ongetwyfeld my voorland.

Ek’s ‘n gebore en getoë Potchefstromer. Op die PUK was ek redakteur van die kampuskoerant, die Wapad. Ek het beduidend meer tyd dáár deurgebring as in die lesinglokale.

Ná ‘n Honneurs in Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch het ek ingeval by Beeld as nuus-groentjie. Nie lank daarna nie – in 2009 – word ek aangewys as die koerant se Jong Joernalis van die Jaar.

‘n Paar maande ná eNuus die lig sien, sluit ek by die span aan en raak ek mettertyd gewoond om vóór die kameras te werk.

Wanneer ek nie in hofsale, op misdaadtonele of tussen betogers rondhardloop op soek na ‘n “scoop” nie, hou sy baie van fiets- en perdry.

Ek was gelukkig genoeg om ‘n fotograaf-kêrel uit te grawe wat net so versot is op nuus soos ek. Saam verslind ons daagliks tydskrifte en koerante of kyk flieks.

Ek is dol oor “roadtrips”, Suid-Afrikaners, Johannesburg, laat slaap, mode, en die musiek van Die Heuwels Fantasties en Mumford and Sons.