Sandra Cilliers (Dorette Potgieter)



Sandra is ‘n ‘algemene agent’ wat ook diepdekkingswerk doen. Sy is ‘n geskeide vrou, en ‘n ervare SCUBA duiker. Sandra kan met minimale vermomming die meeste mense om die bos lei, en is gereeld besig om haar eie ondersoeke te loods wat niks met die agentskap uit te waai het nie.

Waar kykers Dorette vandaan mag ken:Susan Bosman in Egoli, Plek van Goud, Wanda Retief in Villa Rosa, die Timotei-meisie, en rolle in Soutmansland, Plek van die Vleisvreters, en aanbieder op Glitterati.