Koert Adler is ‘n welaf delwer, gemeenskapsteunpilaar en –leier. ‘n Gesiene burger, familieman, eggenoot en vader. Hy is ook die man wat Spook nader om die polisie van buitebevondsing te voorsien vir ‘n nuwe agent.Koert is eintlik die ‘godfather’ van die plaaslike smokkelwêreld, maar is nie deur en deur ‘n skelm en ‘n smokkelaar nie.
Waarvandaan kykers Marius dalk mag ken:Jan Cilliers in Hartland, Kaptein Wollie de Wet in Amalia, en Dad in Song vir Katryn.






