Hier gaan ons alweer



Hier gaan ons alweer is ' n program oor die hengel-avonture van hengel-entosias Petri de Wet en sy gashengelaars. Petri word beskou as een van SA se veelsydigste hengelaars.

Oor die nege jaar wat die reeks al op kykNET uitgesaai word, het Petri al baie besonderse visse gevang. Hy hengel ook baie saam met die beste hengelaars in verskillende hengelstyle. HGOA besoek baie interessante plekke soos Angola, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Mosambiek en veel meer.

Hier gaan ons alweer wys vir die kykers hoe die besonderse hengelplekke lyk en ook watter hengeltegnieke op die spesifieke plek werk. Dit is egter Petri se groot passie vir visvang wat meeste kykers opgewonde maak. Hy vang elke vis asof dit die heel eerste keer is wat hy visvang. Hy en sy gaste beoefen “cacth and release”, wat beteken dat hulle, behalwe vir 'n vars vissie hier en daar,  99% van alle vis wat hulle vang, weer vrylaat.

As jy die beste hengel in SA waters en in ons buurlande se waters wil beleef, is Hier gaan ons alweer die program vir jou!

In die nuwe reeks gaan Petri de Wet vir die eerste keer in jare twee programme doen oor papgooi en oewerhengel, wat deur meeste Suid-Afrikaanse hengelaars beoefen word. Soos altyd sal Petri die beste hengel in soutwater en varswater in Suid Afrika sowel as in ons buurlande wys.

Kyk ook uit vir ons Conquerer-sleepwa kompetisie. Een gelukkige kyker gaan aan die einde van die reeks 'n 4x4 Conquerer sleepwa ter waarde van R75 000 wen.

Reeks is verby.

As jy 'n navraag het, kan jy dit gerus op die Hier gaan ons alweer Facebook blad laat.