Vloeksteen



Vloeksteen 2 vertel die verdere verhaal van die sleutelgroep hoogsopgeleide en doelgerigte diepdekkingsagente en hul hanteerders wat in die eerste seisoen begin is. Die diepdekkingsagente is verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Georganiseerde-Misdaadeenheid, wat hul hoofkantoor op n fiktiewe kusdorpie langs die diamantkus van Suid-Afrika het.

Dinsdae @ 20:00; Woensdae @ 13:00; Donderdae @ 09:30; Maandae; 15:30

GESLYPTE TANDE
Soos alreeds bevestig, is die storie van die reeks geïnspireer deur die ware ondervindings van Ludwig Oberholzer (‘n boer van Ficksburg wat aan die tweede seisoen van kykNET se realiteitsreeks Boer Soek 'n Vrou deel geneem het) toe hy as diepdekkingsagent deelgeneem het aan die klandestiene ‘Operasie Steenbras’.

HERONTDEK DIE KARATE
Vloeksteen is ‘n misdaadondersoekreeks, maar die fokus is ook op die menslike drama: die interpersoonlike verhoudings tussen die agente en hul hanteerders wat gereeld stormagtig is as gevolg van die afsondering van vriende en familie en die konstante stres van ontmaskering. Ook die hegte vriendskappe wat tussen die agente en die smokkelaars ontwikkel (want agente moet die smokkelaars se vertroue wen om hulle te oortuig om die diamante aan hulle te verkoop); die verwarring wat die lei van ‘n dubbelle lewe meebring; en die wedywering tussen die agente om die beste speurder te wees wat met waaghalsigheid en hardkoppigheid gepaard gaan.

Die Georganiseerde Misdaad-eenheid bestaan uit:
1. Spook de Koning
André Jacobs vertolk die rol van die hanteerder wat verantwoordelik is vir die dipedekkingsagente.
2. Elle Fourie
Erica Wessels is Spook se assistent en mede-hanteerder van die diepdekkingsagente.
3. Zander Loods
Albert Maritz is een van diepdekkingsagente. Sy legende is Kaalgat-Kallie Gagiano, die rommelwinkeleienaar.
4. Sandra Cilliers
Dorette Potgieter vertolk die rol van ‘n diepdekkingsagent wat ‘n vryskut diamantduiker wat konstant werk soek.
5. Jantjie Links
Marvin-Lee Beukes is die ontvangspersoon by Spook se Georganiseerde Misdaadeenheid.
6. Lud Swart
Neels van Jaarsveld vertolk die rol van Sersant Lud Swart wat bekend is as Donny Basson, die musiekwinkeleienaar, die nuutste loskanon toevoeging tot hierdie reeds kundige span.

Die familie wat verstrengel is in die diamantsmokkelaarsnetwerk is:
1. Koert Adler
Marius Weyers is op die oogaf ‘n welaf diamantmyner en delwer, gemeenskapsteunpilaar en plaaslike leier.
2. Rita Adler
Joanie Combrink is Koert se vrou en is heeltemal onbewus van wat in haar familie se besigheid aan die gang is.
3. Rommel Adler
Quinton Krog is Koert en Rita se seun, Rommel. Dalk is hulle reg as hulle sê die appel val nie ver van die boom nie.
4. Ayla Adler
Trudy Gunther is Koert en Rita se beeldskone dogter, maar in teenstelling met haar broer, het sy dalk meer van haar ma ge-erf as van haar pa – haar naiwiteit spreek boekdele.

SIF VERDER DEUR DIE GRUIS
Na die dood van Bling, wat die ‘Derde Man’ was, is daar nou ‘n nuwe soektog – wie is ‘Die Magtige Man’? Spook se gevoelens vir Elle word op die spits gedryf, en Lud se Donnie het ‘n nuwe teenstander – Sandra. Lud beweeg ook baie nader aan die Adler-familie, en ‘n mens kan maar net hoop dat hy nie deurmekaar sal begin raak tussen sy ware identiteit en sy diepdekkingsidentiteit nie. Die groot vraag soos altyd is wie gaan vir wie in hierdie seisoen uitloop…

Nuwe reeks begin Dinsdag 14 Mei om 20:00.