Musiektrivia is ‘n opwindende, saamspeel soos min, musiekvasvra wat deur Johan Stemmet aangebied word. Deelnemers maak geld en plaas geld op die spel in hulle pogings om as oorwinnaar uit die Trivia stryd te tree en in die boerpot stoel te beland.In hierdie stoel het een die geleentheid om elke rand wat gedurende die program ingeboet is in hulle pogings om korrekte antwoorde te verskaf, weer terug te wen.
Daar word met plaaslike en internasionale ou en nuwe musiek gewerk asook met die kunstenaars van toeka tot nou. Daar is iets hier vir elke liefhebber van ligte musiek.
Musiek Trivia is ʼn oorspronklike konsep deur Johan Stemmet vir kykNET en gaan beslis oud en jonk in die kykNET “blou stoel” vasgenael hou.
Reeks is verby.






