Boerekos



In Boerekos kuier ons by mense wat boerekos kén en luister na wenke en wyshede en die dinge wat die ou mense gesê het. En so tussen die gepratery is daar ‘n gekokery en na die gekokery is daar ‘n geproeëry.  Dit neem ons op reis na plekke met bekoorlike name soos Dwarskersbos, Scherpenheuvel en Baardskeerdersbos. Ons gaan kuier van die Sandveld tot die Strandveld, van die Weskus tot die Boland, tot die Overberg en die Karoo.

Sondae @ 19:30; Maandae @ 14:00; Dinsdae @ 10:30; Woensdae @ 0:00 en 14:30; Donderdae @ 10:30; Vrydae @ 02:00.