Kêrels wat kook is ‘n opwindende nuwe realiteitsreeks waar vroue kans kry om kieskeurig te wees!9 Kêrels moet deur die loop van die reeks 3 vroue bekoor met hul sjarme en kookkuns. Uiteindelik sal elke vrou dan kies watter kêrel vir haar sy sout werd is agter die kospotte, maar beslis nie sonder opwinding nie!
Hoe dan anders as die kooksessie ‘n toe-oë afspraak by die kêrel se huis is, waar die vroulike gas die geleentheid het om die kêrel se woonplek en leefstyl behoorlik te besigtig? Boonop word al die aksie deur die ander deelnemers in afsondering gade geslaan en lewer hulle deurlopend kommentaar oor die verloop van die afspraak.
Donderdae @ 20:00; Vrydae @ 15:00; Sondae @ 14:00; Maandae @ 01:30.






