Aromanda Le Roux

Hoe kan ek my wenkbroue verbeter sonder dat dit onnatuurlik lyk?
Om te sorg dat jou wenkbroue 100% natuurlik lyk, stel Hannon voor om die HANNON Taupe Gel Eyebrow Pencil te gebruik.
Hierdie gel-wenkbroupotlood is so ontwikkel om by die kleur van jou vel en hare aan te pas.
Jy hoef nie bang te wees vir foutmaak nie – met ʼn gel-potlood, in ʼn natuurlike kleur, skakeer jy enige foute perfek met jou velkleur in.
Vir ‘n natuurlike wenkbroue, kleur jou wenkbroue in met die gel-wenkbroupotlood deur ‘n klomp klein lyntjies tussen jou wenkbroue in te teken.
Hoe blaas ek my krulhare maklik reguit uit sodat dit lyk soos Aromanda se hare?
Hannon sê dat vroue met natuurlike krulhare baie gelukkig is . Hulle kan dit krullerig hou, maar ook enige tyd reguit blaas. En as dit behoorlik reguit geblaas is, sal dit lank reguit bly – wel, ten minste tot die volgende was. Hannon se geheim vir suksesvolle reguit hare is ʼn sterk haardroër, ʼn groot borsel en beslis ʼn krulversagter soos HANNON Blow Straight Lotion.
Masseer eers ʼn paar druppels van hierdie krulversagter deur jou papnat hare en kam dit dan deur met ʼn breëtandkam, oftewel die “koekkekam”. Begin dan blaas soos normaalweg.
Hierdie krulversagter vorm ʼn beskermende lagie om elke haar. So word dit verseël om soveel moontlik vog vanuit die atmosfeer buite te hou. Dis hoekom die hare so lank reguit kan bly.
Ilsa Labuschagne

Ek wil graag hê my grimering moet die heel dag vars lyk en bly?
Hannon het vir Ilsa aanbeveel dat sy haar grimering moet afrond met die HANNON Moisture Seal, dit sal jou grimering laat hou vir die hele dag. Hou die bottle weg van jou gesig af en spuit so drie spuite van die grimeerseëlaar, oor jou gesig. Dit is so maklik!!
My hare is fyn en val heeltyd plat, wat kan ek doen om volume te kry?
Om fyn en pap hare onmiddellik dikker te laat lyk, het jy net so tien spuite van die HANNON More Hair Volumising Mist nodig. Dit moet op nat hare gespuit word en dan sal die hare drie keer sy normale dikte uitswel. Die hare verdik sodra jy dit met ʼn warm haardroër droogmaak. Dit behoort jou nie langer as een of twee minute te neem nie.





