Nico klink ‘n glasie semi-soet



Semi-Soet was om meer as een rede vir hom ’n heerlike ervaring. Nie net het hulle sommige tonele op die Vrede en Lust-wynlandgoed in die Kaap geskiet nie, maar daar is ook oorgenoeg aksietonele in die fliek, wat die verfilming daarvan ’n opwindende storie gemaak het. Aksie, adrenalien en opwinding laat Nico se hart beslis vinniger klop en hy was nog altyd mal oor ’n uitdaging, van watter aard ook al. Toe hy en sy sakevennoot onlangs ’n handelskou in Hongkong bygewoon het, het die twee genoeg tyd vir ’n reksprong van die Macau-toring af ingeruim. Hierdie sprong van 233 m is die wêreld se hoogste reksprong.

“Ek dink nie daar was al ooit so ’n rolprent in Afrikaans nie. Dis van die begin tot die einde ’n 100% ‘pure beef romantic comedy’. Die karakters is kleurryk en baie real en dis baie snaaks. Ek het toe ek die teks vir die eerste keer gelees het, al besef die skryfspan het ’n ongelooflike job gedoen. Dis altyd lekker om ’n goeie raamwerk te hê en as akteurs saam met die regisseur vleis daaraan gee.”

Nico word vanjaar 39 jaar oud, maar hy is een van daardie gelukkige manne wat soos goeie rooiwyn uitstekend verouder. Hy spot en sê die grys hare begin nou wys, maar gelukkig is Christi mal oor sy “natuurlike ligstrepe”.

“Ek dink nie ’n mens moet jou te veel oor die naderende ouderdom bekommer nie, jy moet dit eerder aangryp. Niemand kan vir ewig jonk bly nie. Elke nuwe dekade het nuwe uitdagings en dus is ek baie gelukkig. Ek en Christi is gesond, ons geniet die lewe en ek kan boonop die werk doen waarvan ek baie hou. Gelukkig gee Trade Revolution vir my die gemoedsrus dat ek ook in die stiller maande wel sal kan oorleef. Dis ’n voorreg wat nie alle akteurs beskore is nie.

Lees die volledige artikel in die Vrouekeur-uitgawe van 4 Februarie 2012.

Besoek die Vrouekeur webwerf deur hier te klik.

  • Relevante Nuus