Hoogtepunte in Februarie



KykNET Hoogtepunte
Februarie 2012


ROER!

8 Februarie
Die manne van Van Coke Kartel is bekend vir groot klanke op die verhoog, maar min moeite in die kombuis… Al ooit gehoor van ‘n bier-float? Tammy-Anne ook nie, maar probeer graag iets nuuts!

15 Februarie
Arno Jordaan sal dalk liewer wil sing of rugby kyk, maar vandag is peri-peri hoenderlewers, hoenderpasta en sy ‘eie tuisgemaakte’ cassata op die spyskaart… en hy is die kok!

22 Februarie
Amore Bekker is die stem wat almal in die middag velig en rustig huistoe begelei op RSG. Sy het haar eie resepteboek al saamgestel en is by uitstek bekend as uitmuntende gasvrou - iets waarvan Tammy-Anne na dese kan getuig!

29 Februarie
Gert-Johan Coetzee is een van ons land se voorste mode-ontwerpers en is glad nie onbekend met volstruisleer en volstruisvere nie, maar vanaand wys Gert-Johan vir Tammy-Anne sy slag in die kombuis met, onder andere, volstruisvleis!

Besoek die webwerf deur hier te klik.

GROEN



5 Februarie
Dag in die Lewe
Nie baie mense begin hul dag om ‘n baba meerkat wurms te voer en op ‘n warmwater-sak aan die slaap te maak, en dan ‘n tierboeskat uit ‘n slagyster te bevry nie. Vir Marlice is dit net nog ‘n dag.

12 Februarie
Solitaire
Aan die rand van die Namib woestyn lê Solitaire - nimmereindige grasvlaktes met berge op die horison - Marius trek sy oë skrefies op soek na lewe in dié woestyngebied.

19 Februarie
Katte

In Namibië word jagluiperds dikwels nog deur oningeligte mense as probleemdiere gesien en dienooreenkomstig gejag en in strikke gevang. Die wat gelukkig is om op rehabilitasie-sentrums soos Naankuse te beland het ‘n kans om weer terug te keer na die natuur toe, maar dit is nie so maklik nie.

Besoek die webwerf deur hier te klik.

TUSSEN DIE LYNE




3 Februarie
Afrigters Louis en Mac kyk terug na die proewe en spreek hul bekommernis uit oor die gebrek aan kameraderie en spanwerk onder die manne. Die afrigters sit die ouens deur ‘n uitmergelende oefensessie, en die spelers word tot die uiterste getoets deur rugbylegendes Joe Beukes, Johan Ackerman en Braam van Straaten. Bekommered oor wat Wesley se besering vir die skrumskakel posisie beteken laat Louis ‘n uitgeskopte speler terugroep.

10 Februarie
Die afrigters maak die tweede proewe se spanne, asook die witkaart wenners bekend. Mac en Louis gee ook die spelers kans om ‘n derde persoon wat hulle dink ‘n kans verdien, ‘n witkaart te gee. Tot Wesley se verbasing stap Charlie terug op die veld om hom die stryd vir die skrumskakel posisie aan te sê. Skrumspesialis Pieter de Villiers neem die voorspelers onder hande en die tweede proefwedstryd begin.

DKNT

4 Februarie
Caroline Bosch en Jaco en Willem Botha

11 Februarie
JJ Stephens en Hulle

18 Februarie
Annique en Waldo Lotz

25 Februarie
Louis Fivaz en Piet Botha

Besoek die webwerf deur hier te klik.

OPSKOP




4 Februarie
Romanz & Nianell

Romanz en Nianell kuier hierdie week op die pers Opskop sofa. Ons gesels met Nianell oor haar loopbaan, haar figuur en al die diverse dinge wat haar besig hou. Ons vang ook weer op saam met Romanz met onder andere hulle optrede in Monaco by die koninklike troue en dan sommer 'n troue in die groep self.

ONTHOU

7 Februarie
Die name van Bonnie en Clyde is wêreldberug, danksy die misdade wat hulle dwars oor die VSA gepleeg het. Maar Suid-Afrika het ook sy eie Bonnie en Clyde, in die vorm van Charmaine Philips en Pieter Grundlingh - 'n paartjie wie se aksies ‘n klompie jare gelede 'n mens skoon laat wakker lê het in die nag.

14 Februarie
Die naam van Cois Swanepoel was bekend om verskeie redes: Hy was 'n springbokatleet en 'n polisieman; maar sy naam sal vir altyd onthou word as die slagoffer van 'n liefdersdriehoek wat gelei het tot sy dood. Die naam van sy moordenaar, Frans Vontsteen, het egter die volk aangegryp, en daar is selfs betoog om hom die galg te spaar...

21 Februarie
Dit was 1966, en die Eerste Minister, H.F. Verwoerd, was in die parliamentsgeboue in Kaapstad. Skielik het 'n bode, Dmitri Tsafendas, 'n mes uitgeruk en die eerste minister aangeval... En so het die lewe van Hendrik Verwoerd tot 'n einde gekom. Maar wie was Tsafendas? En hoekom het hy gedoen wat hy gedoen het?

SKERP




3 Februarie
As julle dink julle dorp se landbou skou is die heel grootste in die land! Dan moet julle die week inskakel by Skerp met skreeusnaakse gaste Melt Sieberhagen- gebore en getoë Vrystater, Martelize Kolwer - al die pad van Kaapstad en die legendariese Barry Hilton. Waar ons ons beste Suid Afrikaanse komedie produkte tentoon stel!


10 Februarie
As jy gedink het jy is die hekel koningin van Suid Afrika. Gaan jy so baat vind die week by Johan Hendriksz se gaste Pierre Breytenbach, Dave Levinsohn en Nicky van Niekerk. Hulle wys ons hoe om die beste Suid Afrikaans komedie aanmekkaar te hekel!

17 Februarie
Is jou souskluitjies taai, droog en nie soos jou ma se kluitjies is nie? Johan Hendriksz gaan stadig en deeglik deur die bestandele Deep Fried Man, Shimmy Isaacs en Louw Venter. ‘n Resep wat jou gaan laat lag.

24 Februarie
Wou jy nog altyd deel gewees het van ‘n hygroman? Dan moet julle inskakel en kyk na Johan se gaste die week op Skerp. Warren Robertson ‘n Engelsman met ‘n verskil, Tiaan Rautenbach ‘n Boerseun en die Italianer Vittorio Leonardi. Julle gaan hyg van die lag!

MOLLY EN WORS




6 Februarie
Sjarmeney kry ‘n nuwe tattoo. Theunis vind dit onweerstaanbaar en maak ogies vir haar. Dit ontstel vir Vaatjie en as Blapsie later daarvan uitvind, sê sy sumier vir Theunis af.

13 Februarie
Wors besluit om op ‘n dieët te gaan. Dit maak Molly agterdogtig en sy verlei hom met lekker kos. Theunis word betrap dat hy Sjarmeney se toon suig met ernstige gevolge.

20 Februarie
Theunis word uit sy huis geskop en kom bly weer by Vaatjie. Hardus kom van die Kaap af en kom kuier by Blapsie. Ella kry weer moeilikheid by Huis Lelieveld en kom oornag by Wors en Molly. Die huis vol mense veroorsaak groot huismoles.

27 Februarie
In hierdie episode bars ‘n bom! Vaatjie en Sjarmeney het nuus wat hulle nie graag vir Wors en Molly wil vertel nie, maar genoodsaak is om dit wel te doen.

Besoek die webwerf deur hier te klik.

FLIEKS

Donderdagaande @ 19:30 en Vrydae @ 14:30


2 Februarie
Egoli - Afrikaners is plesierig

9 Februarie
Liefling

16 Februarie
Jakhalsdans

23 Februarie
Bakgat II
  • Relevante Nuus