

Jou leefstyl ritme weerspieël jou identiteit, jou fokus en prioriteite...
Ons almal het tog 24 uur in ‘n dag en sewe dae in ‘n week , maar KIES self wat ons wil inpas in daardie geleende minute, ure en dae. Sommiges wil glo tyd hol met hulle weg, maar dit kan nie. Jy KIES. Jy BESLUIT – bewustelik of outomaties - om jou dag, week en jaar in te deel volgens dit wat vir jou belangrik is. As jou prioriteite herhaal en dit dag na dag en week na week belangrik genoeg is om jou dagboek, kalender, Outlook en selfoon reminders te haal, word dit uiteindelik ‘n gewoonte en ‘n natuurlike RITME... Jy hoef nie meer so hard te beplan en te oorweeg en te oordink en te begroot nie. Jy doen dit omdat dit net eenvoudig is wie jy is en waarin jy glo en waarvoor jy staan.
Ek is...
studies, sport, speel en slaap
vakansie, vriende, familie en werk
kerk, koerant lees, kook en kinders
eposse, projekte, google en facebook
TV-kyk, tuinmaak, tee-drink en troeteldiere
Is jou ritme regtig in harmonie met jou hart en roeping?
Want, (eintlik) wil ek...
graag mense help
‘n verskil maak en betrokke wees in my gemeenskap
in Jesus se voetspore gevorm word vir die roeping waarvoor Hy my geskape het
leef met die besef van geleende tyd en met daardie dringendheid intensioneel uitreik na ander...
Ek wil in 2012 ‘n lewe leef wat saak maak!
Gee jou 2012 ‘n ritme van gee! En omgee... En stilstaan by dit wat werklik saak maak.
‘n Ritme van Jesus volg - beskikbaar, gewillig, leerbaar, nederig, afhanklik...
Moenie dat dit bly by ‘n voorneme, wens of hoop nie. Kies dit!





