Uitkamp is nie vir sissies!



John en Sally is besig om maaltye voor te berei vir die minder bevoorregte lede van hulle kerkgemeenskap.

Gio, Tisha, Nicole en Terri is besig om te kampeer. In die oggend word Terri en Gio buite hulle tente wakker. Die susters het die aakligste nag ooit gehad! Weens die stormsterk wind het hulle nie 'n oog toegemaak nie en een tent het selfs inmekaar gesak!

Dit is amper Sasha-Lee se 21ste verjaarsdag. Sy wil 'n groot sjokoladekoek vir die partytjie hê, en natuurlik ook 'n asemrowende rok.

In 'n studio in Kaapstad is fotograaf Sergio en sy grimeerkunstenaar Shanaaz besig om voor te berei vir An-Lizé se fotosessie. Nadat haar grimering gedoen is, voel An-Lizé bietjie senuweeagtig oor haar nabyskote, maar Sergio weet presies hoe om haar te hanteer.

Sasha-Lee is mal oor perde, en wil graag op een ry vir haar 21ste verjaarsdag... Vir die eerste keer in haar lewe!

Later die aand woon Terri en Nicole 'n Romanz vertoning by. Maar hulle het nie net na die konsert toe gekom om die vertoning te geniet nie. Hulle wil ook die beroemde sangers uitnooi om vir Sasha-Lee te kom verras op haar verjaarsdag.
  • Relevante Nuus