Fiësta



Fiësta is nou al vir meer as tien jaar sinoniem met feeste in ons land, asook buurlande soos Namibië. Fiësta besoek weekliks ‘n ander fees en word daar sodoende dwarsdeur die land gekuier en sommer ook interessante plekke na die sitkamers van ons kykers gebring. Groot feeste soos die ABSA KKNK, Clover Aardklop en Innibos word jaarliks besoek. Dit is egter nie waar dit stop nie.

Ons besoek ook van die kleiner feeste op plekke in die land waar mense nie aldag kom nie. Na meer as tien jaar is daar steeds dorpe en feeste waar Fiësta nog nie gekuier het nie en stel ons jaarliks ook van hierdie feeste aan ons kykers bekend. Wat Fiësta verder uniek maak is die feit dat ons elke week ‘n ander aanbieder het. Ons aanbieders is gewoonlik bekende sangers of akteurs wat by die feeste optree.

Maandagaande @ 19:30;  Dinsdae @ 14:00; Woensdae @ 09:30; Vrydae @ 16:30; Sondae @ 16:30; Maandae @ 13:00.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan fiesta@compute.co.za.